Leerders ouers as 12 jaar aangemoedig om in te ent

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, moedig leerders van 12 jaar en ouer aan om hulle teen Covid-19 te laat inent. Gesondheidskenners sê die nuwe variant, waarvan die implikasies nog bepaal moet word, het vinnig in die provinsie toegeneem. ‘n Woordvoerder, Steve Mabona, sê hulle is bewus van talle matriekpartytjies wat oor die hele provinsie gehou word, namate Graad 12-leerders na die finale week van hulle eindeksamen beweeg.