Lavrov belowe genoeg koring aan Egipte

Rusland se minister van Buitelandse Sake, Sergey Lavrov, het aan Egiptiese leiers gesê die voorsiening van Russiese graan sal voortgaan. Hy het op die eerste skof van sy Afrika-toer die Weste veroordeel wat Rusland die skuld gee vir die huidige voedselkrisis. Lavrov sê volgens die Wêreldvoedselprogram het die probleme in die voedselmark met Covid-19 begin toe van die rolspelers en voorsieningskettings geraak is. Voor Rusland se inval in Oekraïne het die twee lande 85 persent van Egipte se koring-invoere voorsien.