Beurtkrag volgende week in en om Durban, vloedskade speel steeds ‘n rol

Die eThekwini-munisipaliteit gaan vanaf volgende week weer beurtkrag instel nadat dit vir maande daarvan vrygestel is, na die ernstige vloede in April wat noodsaaklike infrastruktuur beskadig het. ʼn Tydelike skedule is deur die munisipaliteit opgestel en sal geld vir fase vier en hoër. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela sê hulle is in voortdurende verbinding met Eskom om toekomstige risiko’s met die elektrisiteitsnetwerk te voorkom: