Landboukenner: Plantgebaseerde dieet is nie die antwoord teen klimaatsverandering

Teenstand teen voorstelle dat die wêreld moet ophou om vleis te eet en na plantgebaseerde voedsel hoort om te skakel, is uitgespreek deur dr. Theo de Jager, voormalige president van die Wêreldprodusente-organisasie en ‘n afgevaardigde na die onlangse COP 27 Klimaatsberaad in Egipte.De Jager sê dat stemme opgegaan het by COP 27 dat die wêreld se agt miljard mense na plantgebaseerde voedsel moet beweeg weens die bydrae van veeboerdery tot klimaatsverandering. Hy sê dit sal verwoestend wees vir die Suider-Afrikaanse landbou, want groot dele van die land is net geskik vir veeproduksie, en dit geld ook vir sowat een derde van die wêreld se bewerkbare grond. Hy het bygevoeg dat die oorskakeling na ‘n plant-gebaseerde dieet nie die oplossing is nie, aangesien dit ontbossing en waterverbruik sal aandryf.