SA finansminister sê Ramaphosa moet bly

Die minister van finansies in die buurland, Enoch Godongwana, sê hy verwag dat president Cyril Ramaphosa in sy pos sal aanbly. Dit volg ná die bevindinge van ‘n Artikel 89-paneel dat die president vrae moet beantwoord oor die Phala Phala-skandaal. Die minister sê die president bly die dryfveer in Suid-Afrika se poging om die elektrisiteit-sektor uit te brei. Hy sê ook hy hoop Ramaphosa sal ‘n tweede termyn as president van die ANC sowel as president van die land kry. Intussen is die spesiale vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Nasrec in Johannesburg, uitgestel om die nasionale werkskomitee kans te gee om die verslag oor die Phala Phala-saak te hersien. Sommige NUK-lede, waaronder ministers Nkosozana Dlamini-Zuma en Lindiwe Sisulu, het ‘n beroep op Ramaphosa gedoen om opsy te staan.