Lagos: oorlewendes steeds in puin gesoek

Reddingswerkers in Lagos, Nigerië spook steeds om oorlewendes te vind nadat ‘n gebou in die stad Maandag ineengestort het. Ongeveer 22 mense is tot dusver dood. Familielede wag steeds in die gebied vir nuus oor geliefdes. Net nege mense is tot dusver uit die puin gered. Daar word berig dat ineenstortings van geboue gereeld in Nigerië voorkom. Regulasies word nie toegepas nie en boumateriaal is volgens berigte ook nie op standaard nie.