Ace is terug in die hof vandag

Die ANC se geskorste sekretaris-generaal, Ace Magashule, en sy mede-aangeklaagdes gaan na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Bloemfontein in die buurland verskyn in hul korrupsie-saak. Die saak is op 20 Oktober tot vandag uitgestel. Magashule en sy mede-beskuldigdes staar 70 aanklagte van korrupsie, diefstal en geldwassery in die gesig. Dit spruit uit ‘n asbes-tender van 255 miljoen Namibiese dollar.