Jagbedryf heel tevrede, dinge lyk goed

Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Danene van die Westhuyzen, sê jagbesprekings vir vanjaar lyk beter as dit met verlede jaar vergelyk word toe die Covid-pandemie uitgebreek het. Buitelandse jagters kon nie weens die inperkingsmaatreëls reis nie wat ‘n groot impak op die jagbedryf gehad het. Van der Westhuizen sê daar is tans baie jagters in die land en vlugbesprekings lyk goed.