Besturende direkteur van August 26 Logistics geskors

Die omstrede en geheimsinnige kommersiële been van die Namibiese weermag, August 26 Logistics, het sy besturende direkteur en hoof finansiële beampte geskors oor die beweerde verdwyning van sowat 3 miljoen Namibiese dollar. Die maatskappy sê hy sal ook die nodige stappe teen Petrus Nathinge, wat ook die raadsvoorsitter is, instel. Die amptelike opposieleier McHenry Venaani het sy reaksie op die skorsing op Twitter gegee en sê korrupsie in Augustus 26 is nie ‘n nuwe ding nie en dit is net oortjies van die seekoei. Venaani sê daar word vir jare op die oudits van die maatskappy gewag, asook op die ondersoekverslag van die ouditeur-generaal.