Kommers heers oor voëlgriep in Wes-Kaap

Die ANC parlementslid van die Wes-Kaapse provinsiale parlement Pat Maran sê daar heers kommer oor die onlangse uitbrekings van voëlgriep wat gelei het tot die uitwissing van meer as 500 000 voëls en die verskriklike impak wat dit op die lewensbestaan van diegene in die pluimveebedryf en op voedselsekerheid in die Wes-Kaap sal hê. Hy doen ‘n beroep op die Wes-Kaapse minister van landbou Ivan Meyer om ‘n verslag te verskaf oor die omvang van die uitbreking en maatreëls wat getref is om verdere verlies te versag.