Geen beserings in brand in Wes-Kaap

Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap sê geen beserings of skade aan eiendom is aangemeld tydens ‘n brand wat Dinsdag in die berge bo die R46 tussen Ceres en Wolseley uitgebreek het nie. Die brand is in bedwang gebring en die bedrywighede kon afgeskaal word. Die munisipaliteit se Brandweer-woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê die twee helikopters, drie brandbestrydingsvoertuie en drie van die grondspanne het na hul basisse teruggekeer.