Kunsmatige intelligensie kan groot besparings skep vir nuwe medisyne

Farmaseutiese reuse gebruik kunsmatige intelligensie om vinniger pasiënte vir kliniese proewe te vind, of om die aantal mense wat nodig is om medisyne te toets, te verminder, wat beide die ontwikkeling van medisyne versnel en moontlik miljoene dollar sal bespaar. Menslike proewe is die duurste en tydrowendste deel van medisyne ontwikkeling aangesien dit jare kan neem om pasiënte te werf en nuwe medisyne te toets in ‘n proses wat meer as ‘n miljard Amerikaanse dollar kan kos vanaf die ontdekking van ‘n geneesmiddel tot by die eindstreep.