Betterbond reageer op rentekoers

Betterbond sê omdat inflasie in Julie op ‘n twee-jaar-laagtepunt van 4,7 persent was, het hy gehoop die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal die terugkoopkoers afbring. Die bank se monetêre beleidskomitee het egter besluit om dit onveranderd op 8,25 persent te hou. Betterbond se uitvoerende hoof, Carl Coetzee, sê huiseienaars word aangemoedig om voorkeur te gee aan verbandbetalings en versigtig te begroot: