Krygkor: SA vloot en lugmag val uitmekaar

Die DA doen ‘n beroep op die regering om die volgehoue afname in die land se militêre vermoë te keer. ‘n DA-parlementslid, Kobus Marais, sê Suid-Afrika se vloot en lugmag het tans geen beskerming teen enige aanval nie en dit lyk nie asof daar enige politieke wil is om die situasie reg te stel nie. Hy het verwys na ‘n verslag aan die parlement se portefeulje-komitee oor verdediging, waarin Krygkor onthul die lug- en watervlote val uitmekaar, tot so ‘n mate dat slegs een uit vier oorlogskepe diensbaar is. Marais sê nie een van die drie duikbote is bruikbaar nie.