Kritiese tekorte aan bloedvoorraad

Die tekort aan bloed voorraad in Namibië word as kritiek beskryf en ‘n beroep word op lede van die publiek gedoen om te skenk. Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het oor die naweek skenkerlokale wat oop is, soos Titus Shivute van die diens aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.