Zim ent nie in op die platteland nie

Zimbabwe het Woensdag sy hoogste getal nuwe Covid-infeksies aangeteken, met 2 264. Dit is die hoogste daaglikse syfer sedert Maart verlede jaar maar kenners sê die syfers kan baie hoër wees omdat Zimbabwe nie genoeg toets nie. Net 723 812 toetse is op ‘n bevolking van meer as 15 miljoen gedoen. President Emmerson Mnangagwa se regering teiken 10 miljoen inentings teen die einde van die jaar maar volgens Deon Theron, die voormalige president van die buurland se kommersiële boere-unie vind inentings glad nie op die platteland plaas nie.