Zuma bly eers in die tronk

Die voormalige president Jacob Zuma sal in die tronk moet bly. Regter Bhekisisa Mnguni het sy uitspraak in een reël gelewer en gesê dat die aansoek om ‘n interdik teen sy arrestasie te bekom van die hand gewys is. Die Konstitusionele Hof sal Maandag Zuma se aansoek om sy skuldigbevinding te hersien, aanhoor.