Man gestenig na hy vermoedelik kind vermoor

‘n Agt-en-twintig-jarige man is dood in die dorpie Petanenge in Tzaneen, Limpopo, nadat hy na bewering Saterdag ‘n ses-jarige meisie verkrag en vermoor het. Lede van die gemeenskap het hom gestenig. ‘n Ondersoek deur die polisie het onthul die kind het lemoene by haar ouma se huis gaan haal en nie weer teruggekeer huis toe nie. Die familie en gemeenskapslede het volgens berigte gehoor die kind is laas saam met die verdagte gesien. ‘n Polisiewoordvoerder, Motlafela Mojapelo, sê dit het tot ‘n tweede tragedie gelei: