Konstruksie in Namibië krimp steeds

Die Namibiese konstruksie-sektor het sy vyfde agtereenvolgende kwartaallikse daling in derde kwartaal van 2022 aangeteken, en met 10 persent op ‘n jaargrondslag gekrimp. Plaaslike konstruksie-maatskappye moes sakebedrywighede diversifiseer en winste was ook onder druk aangesien kleinskaalse projekte voorkeur geniet in die afwesigheid van grootskaalse projekte. Boonop bly mededinging fel, waar plaaslike konstruksie-maatskappye meer intens teen buitelandse maatskappye in openbare tenders meeding. Dit het daartoe gelei dat sommige klein en medium ondernemings in die konstruksie-sektor hul deure moes sluit. Theo Klein, ‘n ekonoom van Simonis Storm praat met Kosmos 94.1 Nuus.