Sal SA sy rentekoers môre verhoog? Ekonome dink so…

Terwyl die plaaslike rentekoers op 15 Februarie deur die Bank van Namibië aangekondig word, vergader die Monetêre Beleidskomitee van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om hulle besluit oor rentekoerse te bespreek, wat môre aangekondig word. Die direkteur en hoofekonoom van Econo-metrix, Azar Jammine, sê dit is moontlik dat die terugkoopkoers met ʼn kwart-persent kan styg, hoewel die inflasiekoers reeds vier agtereenvolgende maande ‘n daling getoon het. Volgens Jammine is daar kommer dat beurtkrag tot ʼn verhoging in die terugkoopkoers kan lei: