Koningin se dokter tot ridder geslaan

Koningin Elizabeth van Brittanje het in ‘n privaat seremonie in die Windsor-kasteel haar hoof-geneesheer, professor Sir Huw Thomas, tot ridder geslaan. Thomas het 15 jaar lank na die gesondheid van die koninklike familie omgesien en is sewe jaar gelede tot mediese hoof van die koninklike huishouding bevorder. Hy is tot Ridder-kommandant van die Koninklike Orde van Victoria geslaan. Dié orde is Haar Majesteit se persoonlike geskenk en word uitgedeel vir diens aan die koninklike familie. Thomas sê hy is dankbaar om vir sy diens tot op hede erkenning te ontvang.