Binnelandse sake ondersoek self sy amptenaar

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het in ‘n verklaring gesê dat die tien buitelanders, wat deur een van sy amptenare gearresteer is en na bewering gevra is vir geld om vrygelaat te word, reeds deur die ministerie vrygelaat is. Die amptenaar, Abner Nangolo is intussen in hegtenis geneem en aangekla. Die tien is aangehou sonder enige klag. Die ministerie sê hy het sy eie ondersoek na die voorval gelas en sou Nangolo skuldig bevind word, sal die nodige stappe geneem word.