Kommissies se hoofde word vandag bespreek

Die Nasionale Vergadering gaan vandag ‘n spesiale sessie hê om te besluit oor die nuwe Verkiesingskommissie van Namibië se kommissarisse, asook die nuwe direkteur-generaal en adjunk-direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië. Volgens die Nasionale Vergadering se skakelbeampte, David Nahogandja, sal die spesiale sessie wat deur Namibiese President Hage Geingob versoek is, om drie-uur vanmiddag plaasvind. Daar word wyd bespiegel dat Paulus Noa sy pos by die Teenkorrupsie-kommissie sal behou.