Kommer oor situasie in Tigray

Die Verenigde Nasies se Vlugtelingagentskap sê hy is uiters bekommerd oor die jongste gebeure in Tigray, veral in die hoofstad Mekelle, in Ethiopië. Daar word berig rebelle in die Tigray-streek is steeds besig om veld te wen na hulle Mekelle van regeringsmagte herower het. Die Tigray People’s Liberation Front het die regering se skietstilstandsverklaring verwerp en hulle is vasberade om die vyand uit te dryf. Boris Cheshirkov van die VN se hoëkommisariaat vir vlugtelinge het ‘n beroep gedoen vir die beskerming van burgers: