Kommer oor bome wat wêreldwyd uitsterf

Botanic Gardens Conservation International sê byna ‘n derde van die wêreld se boomspesies loop gevaar om uit te sterf terwyl nog honderde spesies op die rand van uitwissing is met minder as 50 bome van elk wat in die natuur oor is. Die organisasie sê in ‘n toonaangewende verslag die aantal bedreigde boomspesies is twee keer soveel as die totale aantal bedreigde soogdiere, voëls, amfibië en reptiele. Die organisasie se sekretaris-generaal, Paul Smith, sê bome is noodsaaklik in die stryd teen aardverwarming en klimaatsverandering, en daarom is elke boomspesie belangrik.