Britte onderhandel met Taliban oor landsburgers

Die Verenigde Koninkryk onderhandel na berig word met die Taliban vir die veilige ontruiming uit Afghanistan van tot 250 Britse burgers en Afghane plus hul gesinne wat vir verhuising in aanmerking kom. Britse media berig die gesprekke vind tans in Doha, Katar, plaas. Downingstraat het ‘n verklaring uitgereik wat sê hulle beklemtoon die belangrikheid om vir Afghaanse burgers ‘n veilige uitweg uit die land te verseker. Taliban-vegters het gister na die lughawe in Kaboel gestroom nadat Amerikaanse soldate onttrek het. Britse magte het die land oor die naweek verlaat.