Koeberg-gemeenskap se veiligheid beteken nie veel nie

Net meer as ‘n week is verby sedert die buurland se energieminister Gwede Mantashe die gemeenskapsverteenwoordiger in die raad van die Nasionale Kernreguleerder, Peter Becker, afgedank het. Die uitvoerende direkteur van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut, Francesca de Gasparis, sê dié posisie word wetlik vereis. Sy glo die afdanking beteken gemeenskappe in die Koeberg-omgewing se veiligheid en hul vrae rondom kernkrag sal onder die mat gevee of halfhartig hanteer word: