Covid kan jou brein laat krimp

Die jongste wetenskaplike navorsing in verband met Covid-19 en wat in die vaktydskrif Nature gepubliseer is, toon dat die virus ‘n impak op die brein kan hê wat veroorsaak dat dit kan krimp. In sommige pasiënte het grysstof wat emosies en geheue beheer minder geword en daar is skade gerig in die areas van die brein wat reuk beheer. Die studie, wat deur Oxford-universiteit uitgevoer is sê pasiënte wat nie gehospitaliseer was nie het ook van die bogenoemde impakte getoon. Dit is die duidelik of dit omkeerbaar is of nie. Die studie is uitgevoer toe die Alpha-variant dominant was in Brittanje en dit is onwaarskynlik dat enige pasiënt die Delta-variant onderlede gehad het.