VN smeek dat burgerlikes veilig kan wegkom

Die Verenigde Nasies se hoof van hulpverlening, Martin Griffiths, doen ‘n beroep op alle partye om burgerlikes toe te laat om gebiede wat onder geweld deurloop te verlaat in enige rigting wat hulle verkies. Oekraïne se ambassadeur by die VN beskuldig Rusland dat hy humanitêre deurgangsroetes bombardeer en burgerlikes keer om na Europa te vlug. Dit keer ook dat lewensbelangrike hulp afgelewer word. Rusland se ambassadeur by die VN ontken die bewerings. Griffiths sê die aflewering van hulp by hierdie plekke is hulpverleners se belangrikste prioriteit: