Klimaatsverandering en jou tjokkie

Die VN se Interregeringspaneel se jongste verslag oor klimaatsverandering is steeds in die nuus. Klimaatsverandering kan ‘n daadwerklike impak op die beskikbaarheid van jou sjokolade hê. So ver terug as 2014 het die VN gewaarsku dat as globale koolstofvrystellings aanhou styg, die wêreld se kakao-ekonomie verwoes kan word. Kakaobome floreer in vogtige, ekwatoriale gebiede soos Wes- en Sentraal-Afrika, waar ongeveer 70% van die wêreld se bone, die belangrikste bestanddeel vir sjokolade, tans afkomstig is. Op die oomblik het Kameroen reeds groot uitdagings met bome wat vrek as gevolg van hoë hitte en lae reënval. Wetenskaplikes meen dat sonder ‘n verlaging in koolstofvrystellings die temperatuur in lande wat kakao produseer, met 1 tot 3 grade Celsius styg wat die vog wat nodig is vir kakaoproduksie sal onttrek.