Vermeende stroper doodgeskiet in Botswana

Die Botswana-weermag het te kenne gegee dat ‘n vermeende stroper deur lede van die mag doodgeskiet is. Kolonel T.K. Dikole het in ‘n verklaring gesê dat die lede op patrollie was in die gebied van die Okavango-delta en op ‘n vermeende stroper afgekom het. Daar was ‘n skietgeveg en die man is dood. ‘n .375 wapen is by hom gevind, wat volgens Dikole gebruik word om groter wild dood te skiet. Die weermag sê die man is vermoedelik deel van die sindikaat van stropers wat in onwettige oorgrens aktiwiteite bedrywig is. Die Botswana-regering het sedert 2013 ‘n beleid om dood te skiet, veral in verband met stropers en owerhede in die buurland het voorheen gesê dit moet nie verwar word met ‘n skiet-op-sig-beleid nie. Die land het groot uitdaging met stropers en tussen Januarie en Augustus verlede jaar is 17 vermeende stropers doodgeskiet.