Reaksie op NG Kerk-groep wat wil doleer

Reaksie word ontvang oor berigte dat die Sola Scriptura-groep van die NG Kerk van Namibië Vrydag saam met 20-gemeentes op Okahandja sal vergader. Die doel is om dolering. Die groep meen die NG Kerk se Algemene Sinode volg nie meer die voorskrifte van die Woord nie na die Sinode in 2019 selfdegeslagverhoudings aanvaar het. Omar van Reenen, stigter van die Namibia Equal Rights-beweging en LGBTQ-aktivis het sy reaksie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.