Kleinsake is belangrik vir werkskepping, maar…

SMEs Compete het gereageer op Business Leadership South Africa wat sê klein sakeondernemings het die grootste potensiaal om die buurland se probleme met armoede en ongelykheid aan te spreek. ‘n Studie van Finfind in November 2020, het bevind 42,7 persent van Suid-Afrika se sakeondernemings moes gedurende die Covid-inperking sluit. Die hoofbestuurder van die organisasie, Busi Mavuso, sê die integrasie van die informele sektor by die hoofstroom-ekonomie het verskeie voordele. Sy sê na mate klein sakeondernemings groei, sal hulle belasting begin betaal wat meer inkomste vir die land beteken. Mavuso voeg by die belangrikste voordeel is die werksgeleenthede wat hulle skep. Danny Meyer van SMEs Compete stem saam, maar sê daar is uitdagings…