Kommer oor mense wat hul in SA as dokters voordoen

Die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika sê pasiënte het die reg om te bevestig of gesondheidsorgpraktisyns by hulle geregistreer is. Dit volg te midde van groeiende kommer oor die toename in die aantal mense in die land wat hulself as dokters voordoen. Volgens Christopher Tsatsawane van die raad het hulle die afgelope maande minstens vyf mense geïdentifiseer wat hulle as gesondheidspraktisyns voorgedoen het, en hulle is in hegtenis geneem: