/Khomanin word na gekyk – Schlettwein

Twee plase is onlangs deur die regering gekoop om te help voorsien in die behoeftes van die /Khomanin-gemeenskap. Dit is in die nasionale vergadering onthul deur die minister van Landbou, Water en Grondhervorming, Calle Schlettwein, wat namens die eerste minister gepraat het. Dit volg op ‘n vraag deur die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, oor die grondwetlikheid van die feit dat die /Khomanin-gemeenskap tans hul kultuur en tradisies moet beoefen sonder gemeenskaplike grond van hul eie. Schlettwein het verduidelik: