|Khomanin eis grond in Khomas-streek

Die |Khomanin tradisionele gemeenskapsleiers het die regering versoek om grond aan hulle toe te ken en sê hulle het vreemdelinge geword in hul eie geboorteland. Die hoof van die |Khomanin Tradisionele Owerheid, Gaos Juliane Gawa-!Nas, het tydens ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob gesê die |Khomanin is grondloos weens koloniale ongeregtighede. Hulle wil grond in die Khomas-streek hê. Sy voeg by hulle eis wat by die kommissie vir voorvaderlike grond ingedien is, het tot op hede niks opgelewer nie.