Italiaanse president verwerp eerste minister se bedanking

Italië se president, Sergio Mattarella, het die eerste minister Mario Draghi se bedanking verwerp en hom gevra om eerder die Parlement toe te spreek om ‘n duideliker prentjie van die politieke situasie te kry. Sy bedanking volg nadat die populistiese koalisievennoot, Five Star, sy ondersteuning in ‘n mosie van wantroue onttrek het. Draghi sê in ‘n verklaring die koalisie vir nasionale eenheid wat die regering ondersteun het, bestaan nie meer nie. Five Star weier om die regering se pakket van 395,8 miljard Namibiese dollar vir ekonomiese hulp aan gesinne en sakeondernemings te steun.