Nampol sê oor inbraak by melkplaas

Daar was ‘n inbraak by die Gocheganas Melkplaas naby Omeya net Suid van die hoofstad. Maar, lede van Nampol se spesiale reserwemag was vinnig op die toneel en twee verdagtes is in hegtenis geneem met een wat weggekom het. Nampol sê die twee ontvang op die oomblik mediese behandeling by die Katutura-staatshospitaal. Adjudant-offisier Silas Shipandeni het meer besonderhede oor die rooftog.