Kenners sê SA word toevlug vir geldwassery

Kenners sê Suid-Afrika loop gevaar om ‘n veilige toevlug vir geldwassery te word. Dit volg terwyl die Finansiële Optrede-taakmag steeds waarskuwings rig. Die internasionale geldwassery-waghondliggaam kan die land moontlik op die gryslys plaas. Kenners glo dit sal ‘n bykomende las op Suid-Afrika se reeds sukkelende ekonomie wees. ‘n Forensiese rekeningkunde-spesialis, Duane Aslett, sê wetstoepassing in die land het nog baie om te leer oor hoe om sulke misdade te bekamp.