Keniane kry bitter swaar, Ruto en LP’s vat stewige verhogings

Kenia se president, sy adjunk en ander staatsamptenare sal salarisverhogings ontvang ten spyte van burgers wat diep ekonomiese swaarkry en hoër belasting in die gesig staar. Hulle sal ‘n salarisverhoging van 14 persent oor ‘n tydperk van twee jaar kry met President William Ruto se bruto maandelikse salaris wat 11 000 Amerikaanse dollar, of net meer as 206 500 Namibiese dollar sal bereik. Lede van die parlement sal ‘n basiese salaris van 5 400 Amerikaanse dollar verdien, aangevul met stewige ekstras soos ‘n bonus van 54 000 Amerikaanse dollar om ‘n motor te koop en  2 600 Amerikaanse dollar per maand om die voertuig in stand te hou. Kenia se minimum maandelikse loon 107 Amerikaanse dollar.