Al hoe meer Suid-Afrikaners gebruik krediet vir kos, klere

ʼn Verslag deur TransUnion meld dat al hoe meer Suid-Afrikaners winkelrekenings oopmaak vir kredietaankope van klere en kos. Die data toon ʼn opmerklike styging van 35-persent in nuwe wentelkredietrekeninge gedurende die eerste helfte van hierdie jaar in vergelyking met die vorige jaar. Daarbenewens is daar ʼn stygende vraag na kredietkaarte, veral onder jongmense.