Kapana word vandag gratis op Walvisbaai vertoon

Ná twee jaar wat die eg-Namibiese rolprent Kapana toekennings op internasionale filmfeeste gekry het, gaan dit uiteindelik Walvisbaai toe. Kapana gaan vanaand om sewe-uur gratis by die Walvisbaai-munisipaliteit se biblioteek vertoon word. Die sterre van ‘Kapana’ is Adriano Visagie en Simon Hanga met die regiseur dr. Philippe Talavera. Die film word in samewerking met Equal Rights Namibia by die kus vertoon. Dr Talavera sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle gaan die film op toer deur Namibië neem.