SA studente-organisasie eis wegdoen van privaatskole

Die Suid-Afrikaanse studente-organisasie, Cosas, het die regering gevra om ‘n enkele kurrikulum vir die land in te stel. Die sekretaris-generaal, Tebogo Magafane, sê dit moet entrepeneurskap aanmoedig sodat die ekonomiese krisis oorleef kan word. Magafane het gesê Cosas wil ook hê dat daar weggedoen word met privaatskole sodat almal gelyke onderrig kan kry.