Kanola breek rekords

Die kanolaprys het ‘n rekord verbeter en staan nou op 10 022 rand per ton. Soill se landbou-navorsingsbestuurder, Zander Spammer, sê die styging kan toegeskryf word aan die rand se swak vertoning teen ander belangrike geldeenhede. Hoë pryse vir landbouprodukte soos kanola wissel ook nie in die res van die wêreld nie en bly bestendig. Spammer het onlangs gesê die Swartland in die Wes-Kaap kan vanjaar ‘n rekord-oes van meer as 50 000 ton kanola oplewer.