Airlink toets toep op vlugte tussen SA en Namibië

Airlink het amptelik begin om die Internasionale Lugvervoervereniging, Iata, se digitale reisbewys-toepassing vir sy streekvlugte te gebruik. Die toep, Iata Travel Pass, maak dit heelwat eenvoudiger om oor grense heen te reis danksy die digitalisering van jou intentingstatus asook jou Covid-19-toetsuitslae. Airlink sal die proeflopie van die toep voorlopig net op sy vlugte tussen Suid-Afrika en Namibië uitvoer. Linden Birns van Plane Talking en Iata verduidelik hoe die toep werk.