Halep is vies oor vertraging in tribunaal oor haar skorsing

Die wêreld se voormalige nommer een, Simona Halep, het die Internasionale Tennisfederasie gekritiseer omdat haar verhoor deur ‘n onafhanklike tribunaal herhaaldelik vertraag word. Die tweemalige Grand Slam-kampioen is sedert Augustus verlede jaar voorlopig geskors. Sy het positief getoets vir die dwelm, Roxadustat, na haar nederlaag in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope. Halep sê dit het nooit by haar opgekom om te kul nie en sê die toetsuitslag is veroorsaak deur ‘n besmette aanvulling. Sy sê die federasie het sedert haar skorsing reeds twee verhore uitgestel: