Kangaroe-slagting in Australië

Meer as ‘n dosyn kangaroes is aan die suidkus van Australië vrek aangetref in wat na ‘n massaslagting lyk. Die polisie van Nieu-Suid-Wallis het met ‘n ondersoek begin nadat 14 dooie kangaroes oor die naweek op twee plekke naby Batemans Bay gevind is. Beamptes is na Long Beach uitgeroep waar vyf volwasse en een klein kangaroetjie vrek gevind is. Die karkasse van nog sewe volwasse kangaroes en een kleintjie is in die Maloneys Beach-gebied aangetref.