Covid: positiewe koers van 3,2 persent

Die Namibiese gesondheidsministerie het 36 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig, ‘n positiewe koers van 3,2 persent. Die nuwe gevalle sluit ses leerlinge, drie onderwysers en twee gesondheidswerkers in. Tans het 285 266 mense ‘n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 208 005 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96,4 persent.