Kanada wil tydelike nasionale verbod op handwapens plaas

Die Kanadese regering beoog ‘n nuwe wetsontwerp wat ‘n tydelike nasionale verbod op handwapens sal plaas. Die wetsontwerp wat gister in die Parlement voorgelê is, maak dit onmoontlik om handwapens enige plek in die land te koop, verkoop, oor te dra of in te voer. In April 2020 het ‘n gewapende man wat hom as ‘n polisiebeampte voorgedoen het, 22 mense in Nova Scotia afgemaai in die dodelikste aanval in Kanada se geskiedenis. Die eerste minister Justin Trudeau sê die wetsontwerp is ‘n stap om wapenbeheer in die land te verbeter.