‘n Jongman het ‘n blinkplan, en dit werk!

‘n Student aan die Universiteit van Kaapstad, Anele Siyotula, is briljant met wiskunde en kreatiwiteit, en hy benut hierdie en ander vaardighede in sy eie onderneming. Siyotula het 1Stop Tekkie-wash in 2018 vanuit sy koshuis in die Leo Marquard-saal op die been gebring. Destyds het hy slegs ‘n skoonmaakdiens vir tekkies gelewer, maar sy spanne verf tans ook tekkies met die hand by ‘n sakeperseel. Siyotula sê jeugwerkloosheid moet aangepak word op ‘n vlak waar die entrepreneurs-gogga die jongmense byt: